top of page

The Thabazimbi Business Forum is an A-political business organization that accommodates all branches of organised business. Business Chamber members are all considered on an equal level. The size of the business or undertaking is not a determining factor for more or better service. The Business Chamber advocate and promote the free market economic system.

 

Die Thabazimbi Sakekamer is ‘n nie-politieke sake-organisasie wat al die vertakkinge van die sake-opset akkomommodeer.  Sakekamerlede word almal op n gelyke vlak behandel. Die grootte van die besigheid of onderneming is nie ’n bepalende faktor vir meer of beter diens nie. Die Sakekamer bepleit en bevorder die vrye mark ekonomiese stelsel.

 

Thabazimbi Business Chamber is the voice for businesses in relation to local issues, within the framework of its mission and objectives. Thabazimbi Business Chamber brings common problems of its members to the attention of the authorities on an organized basis, with results that individuals would seldom achieve themselves. The Business Chamber meets regularly and gives members the opportunity to raise and discuss matters affecting the area. Projects are tackled to benefit members of the Business Chamber either directly or indirectly. A major benefit for any member is that he or she comes in contact with fellow business people at the Business Chamber’s regular networking sessions and meetings thereby creating the opportunity to promote his or her own business interests. A complete list of the Thabazimbi Business Chamber members is always available on the website to all its members.

 

 

Thabazimbi Sakekamer is die spreekbuis vir besighede in verband met plaaslike sake, binne die raamwerk van sy missie, mandaat en doelstellings. Thabazimbi Sakekamer bring sy lede se probleme op ‘n georganiseerde grondslag onder die aandag van die owerhede, met resultate wat die individu selde self sal kan bereik. Die Sakekamer vergader gereeld en gee aan lede die geleentheid om sake rakende die gebied voor te hou en te bespreek. Projekte word aangepak om lede van die Sakekamer daardeur direk of indirek te bevoordeel. ‘n Groot voordeel vir enige lid is dat hy of sy by ‘n Sakekamer se gereelde netwerksessies en vergaderings in aanraking kom met mede-sakelui en daardeur kans kry om sy of haar eie sakebelange te bevorder. ‘n Volledige ledelys van die Sakekamer is deurgaans op die webwerf tot beskikking van alle lede

Furthermore, the Thabazimbi Business Chamber brings services and products under the attention of fellow members. As a Business Chamber we aim to offer training and education to members through for example courses on current matters such as salesmanship, entrepreneurship and general management. Thabazimbi Business Chamber promotes its members' interests to other bodies and associations with similar objectives.

 

Verder bring die Sakekamer dienste en produkte onder mede-lede se aandag. As Sakekamer sal ons sorg vir die opleiding en voorligting van lede deur byvoorbeeld kursusse oor aktuele sake soos verkoopskuns, entrepreneurskap en algemene bestuur aan te bied. Thabazimbi Sakekamer bevorder sy lede se belange by ander liggame en vereenigings met soortgelyke doelstellings.

Mission

 

Promote local business interests to ensure medium-term sustainability and develop a value proposition that will attract new businesses in order to bring about long-term sustainability.

 

Missie

 

Om as dinamiese, gerespekteerde en toeganklike organisasie vertrou te word vir die fasilitering en ontwikkeling van besigheids- en derglike gemeenskapsvehoudings, nie net gefokus op tradisionele besigheidskwessies nie, maar op uiteindelike finansiële welvaart van die Thabazimbi gemeenskap.

Goals

 

The Thabazimbi Business Chamber has developed in less than a year from a dormant organisation to a recognised role player among local structures. As an emerging Business Chamber our goal in year one was to lay a good foundation that will bring about sustainable 5-10 year milestones. This foundation is based on four clear goals/priorities following many inputs, information and suggestions that was put through the mill to ensure that our available time and resources are utilised optimally.

 

These goals / priorities are:

 

  • Develop Tourism as an additional priority economic sector in the Waterberg region to reduce economic dependence on the mining sector.

 

  • Ensure adequate municipal infrastructure development in Northam as growth node in the Thabazimbi district

 

  • Focus on projects to promote Job creation in Thabazimbi

 

  • Ensure the viability of the business chamber as the engine behind the defined goals / priorities


 

Doelstellings

 

Die Thabazimbi Sakekamer het in minder as ‘n jaar van dormante organisasie tot erkende rolspeler onder plaaslike strukture ontwikkel.  As opkomende Sakekamer was ons doel om in jaar een ‘n goeie grondslag te lê wat oor 5-10 jaar lewensvatbare mylpale sou teweegbring. Die grondslag is gesetel in vier duidelike doelwitte / prioriteite wat na vele insette, inligting en voorstelle deur die meule gesit is om ons beskikbare tyd en hulpbronne maksimaal te kan aanwend.  

 

 

Die doelwitte / prioriteite is:

 

Ontwikkel Toerisme as ‘n addisionele prioriteit ekonomiese sektor vir die Waterberg-omgewing om die ekonomies afhanklikheid van die mynbousektor te verminder.

 

Verseker voldoende munisipale infrastruktuurontwikkeling in Northam as groei-node in die Thabazimbi-distrik.

 

Fokus op projekte om Werkskepping in Thabazimbi te bevorder.

 

Verseker Sakekamervolhoubaarheid as enjin agter die gedefinieërde doelwitte en prioriteite

 

With over 130 approved business chamber members and representation on various local government and community forums (for example the Integrated Development Working Group, Tourism Forum, Suppliers Forum, Chairman Forum, etc.) where the Thabazimbi Business Chamber consistently provides input, we feel that the Thabazimbi Business Chamber got out of the starting blocks in a good way in our race to long-term sustainability.

Met meer as 130 goedgekeurde sakekamerlede en verteenwoordiging op verskeie plaaslike owerheid- en gemeenskapsforums (byvoorbeeld Geïntegreerde Ekonomiese Ontwikkelingswerkgroep, Toerisme Forum, Verskaffersforum, Voorsittersforum, ens.) waar die Thabazimbi Sakekamer deurgaans insette lewer, voel die Thabazimbi Sakekamer dat ons goed uit die wegspringblokke gekom het vir die wedloop na langtermynlewensvatbaarheid.

ABOUT US

bottom of page